Item 1291 - Toespraak deur President Nelson Mandela Tydens 'n Ontmoeting met Afrikaanse Vroue Organisasies

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-1291

Title

Toespraak deur President Nelson Mandela Tydens 'n Ontmoeting met Afrikaanse Vroue Organisasies

Date(s)

  • 1996-01-31 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

Content and structure area

Scope and content

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Geagte Voorsitter;
Dames,

Baie dankie vir die inisiatief wat u geneem het om te reageer op my versoek om hierdie ontmoeting te reel. Ek wil venal vir Mevrou Esther Wessels van Dames Aktueel bedank vir die moeite om hierdie vergadering moontlik te maak.

Dis vir my 'n groot voorreg om u almal te kan ontmoet. Die krag en deursettingsvermoè van Afrikaanse vroue is legendaries. Toe hul mans tydens die Groot Trek moedeloos begin word het was dit die vroue wat hulle aangemoedig het met die woorde: "Ons sal kaalvoet oor die Drakensberge trek". En ek het alle vertroue dat ook in hierdie nuwe gesamentlike Trek wat voor ons le, sal dit weereens daardie gees wees wat ons oor die moeilikhede en struikelblokke sal help.

Hiedie gesprek is deel van 'n hele aantal ontmoetings wat ek die afgelope tyd met Afrikaner-organisasies en Afrikaans-sprekendes gehad het. U weet, byvoorbeeld, van my onlangse ontmoetings met die Ruiterwag en die Jong Rapportryers. Sonder uitsondering het ek nog altyd hierdie ontmoetings opbouend en positief gevind. Dit is slegs deur met mekaar te praat en na mekaar te luister dat ons onderlinge begrip kan skep, en kan bou aan saam¬leef in hierdie gemeenskaplike land.

Een van die groot take en uitdagings voor ons, is juis die van nasionale versoening. Ons land en sy mense het nog nie heeltemal genees van die diep wonde wat apartheid ons alma! toegedien het nie, en ons het nog 'n hele ent om te loop. Die proses van genesing gaan gepaard met die uitdaging dat 'n mess verby die enge belange van net die eie groep moet kyk en die belange van die groter geheel van Suid-Afrika nastreef. Die toekoms van Suid-Afrika hang in 'n groot mate daarvan of of 'n groter Suid¬Afrikaanse bewussyn geskep kan word waar mense hulle nie in die eerste plek sien as Afrikaners of Xhosas of Kleurlinge of Indièrs, ensovoorts, nie. Die mate waartoe ons daarin slaag sal die sukses van ons nasiebou¬program bepaal.

Hierdie bevordering en nastreef van 'n groter Suid-Afrikaanse bewussyn beteken natuurlik nie dat 'n mens prysgee wat vir jou kultureel belangrik is nie. U as vrouens, as moeders, het elke reg om to begeer dat u kind die taal wat u vir horn of haar saam met moedersmelk ingegee het, sonder teenstand en met trots moet kan praat. Omdat ek besef hoe sterk hierdie gevoelens is - net so wonderlik sterk as moederlike instink wil ek u vandag onomwonde se dat u en u families sons alle Suid¬Afrikaners 'n reg het tot die uitbou van u eie taal en kultuur.

Dit is egter die gees waarin hierdie regmatige strewe benader word, waroor ek tot u as Afrikaanse vroue 'n innige beroep wil rig. Moet nie toelaat dat u beskerming en bevordering van die eie in so 'n gees geskied dat die Afrikaner daardeur die beeld van 'n agteruit-trekker en dwars-trekker kry nie; u nuwe groot trek is een die nuwe Suid-Afrika binne. Hoe minder Afrikaners die nuwe sosiale en politieke bestel in 'n positiewe gees van saam-bou aanvaar, hoe moeiliker word hul eie posisie - en ek wil allermins he dat die Afrikaner op die kantlyn van die politiek van die nuwe Suid-Afrika moet staan.

Moet nie terugdeins van u verpligtinge as Suid-Afrikaners nie. Indien u bereid is om hierdie uitdaging met waagmoed te aanvaar wag daar 'n blink toekoms vir die Afrikaner in ons land, en daarom ook 'n blink toekoms vir die land. Dan kan u van my verwag om die kosbare geestesgoedere van die Afrikaner te beskerm asof dit my eie is, want ek sal verseker voel van u lojaliteit as Suid-Afrikaners.

Laat ek oor die kwessie van Afrikaans net 'n paar dinge kortliks stel.

Afrikaans is 'n taal van hierdie land, en as sodanig sal Afrikaans presies dieselfde beskerming ontvang sons enige ander taal; en presies dieselfde mate van ondersteuning en bevordering as ander tale. Daarvan kan u verseker wees.

Die versekering dat u taal en kultuur beskerm en gerespekteer sal word, lé juis opgesluit in 'n gees van bereidwilligheid tot saam-praat en skeppende samewerking tussen al die gemeenskappe van ons land. En dit is vir my een van die mees positiewe dinge van ons tyd dat soveel jong Afrikaners strewe om 'n balans te vind tussen Suid-Afrikanerskap en Afrikanerskap - 'n balans waarin die hell van die groter geheel gesoek word sonder om ons verskeidenheid te ontken.

Daar is van die kant van die Regering van Nasionale Eenheid geen poging om Afrikaans of te gradeer nie. Wat die Grondwet ons wet verplig om te doen en wat ook 'n morele verpligting is in die nuwe samelewing, is om at die tale op 'n gelyke voet te plaas.

Die posisie van Afrikaans en die uitdagings wat die SAUK as Nasionale Uitsaaier het om die grondwetlike eis van regverdige behandeling van at elf amptelike tale aan te voldoen, stel groot else. Ek glo dat die SAUK hul uiterste bes doen om uitvoering te geen aan hul mandaat, en waar daar haakplekke is moet dit deur middel van die demokratiese strukture wat die Regering daar gestel het, bygelè word.

Wat onderwys in Afrikaans betref, wit ek u vandag my persoonlike versekering gee dat daar geen waarheid daarin steek dat die ANC wit wegdoen met Afrikaans in skole en op universiteite nie. Berigte in daardie verband is skandalige verdraaiing.

Ons almal weet dat dit 'n realiteit is dat daar skole in hoofsaaklik Afrikaans-sprekende gebiede is. Dit is tog net logies dat Afrikaans in sulke skole die dominante medium van onderrig sal wees. Dieselfde geld vir universiteite; daar is geen beswaar dat Afrikaans-sprekende studente ook die voordeel van onderrig in hul moedertaal behoort te geniet nie. Waarmee die ANC wel probleme het, is sentimente wat daarop aandring dat tradisioneel Afrikaanse inrigtings moet voortgaan om in alle omstandighede eksklusief Afrikaans as medium van onderig te gebruik.

Suid-Afrika is 'n veeltalige gemeenskap en ons moet as Regering en as Suid-Afrikaanse gemeenskap seker maak dat regeringsfondse so effektief as moontlik benut word ten einde te verseker dat al die studente komende van at die verskillende amptelike tale in ons land - regverdig behandel word.

Ek sou ook nog kon praat oor regstellende aksie en weereens 'n pleidooi 'ewer dat Afrikaners nie die indruk moet laat dat hulle meer bekommerd is oor die behoud van onregverdige voordele van die verlede eerder as die daarstelling van gelykheid in die nuwe samelewing.

Ek sou kon praat oor die Waarheids- en Versoeningskommissie, en nogmaals vra dat u as Afrikaner-vrouens en -moeders ook dink aan die uit ander groepe wat swaar gely het onder die vergrype van apartheid en nou vra om die waarheid to verneem sodat ware versoening kan plaasvind.

Ek kan maar net afsluit met die een tema: Iaat ons nou soos Suid-Afrikaners begin dink. Laat ons verby die geestelike beperkings van enge groepsdenke beweeg. Laat ons 'n sterk Suid-Afrikaanse bewussyn op die fondamente van ons ryk verskeidenheid bou.

Dankie.

Note

RELATED INFORMATION

Speech is in Afrikaans

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: Hardcopy ; Source: ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare. Accessioned on 25/01/2010 by Zintle Bambata

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places