Item 313 - Toespraak deur die President Nelson Mandela tydens 'n besoek aan Genadendal

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-313

Title

Toespraak deur die President Nelson Mandela tydens 'n besoek aan Genadendal

Date(s)

  • 1995-10-10 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

ANC Website

Content and structure area

Scope and content

Visit to Genadendal ; Whole speech in Afrikaans only.

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Geagte Voorsitter;
Vriende;

Jong Mense.

Dit is altyd vir my baie spesiaal om met jong mense te praat en daarom wil ek julle bedank vir die voorreg om vandag met julle te kan gesels. Die grootse deel van ons ouer mense se lewens is verby, maar julle lewens le nog voor en die toekoms van ons land is in julle hande.

Ek se dit diep bewus daarvan dat ons ouer mense in baie opsigte gefaal het om vir julle die soort van toekoms te gee wat julle verdien. Die jare van apartheid het ons land diep wonde toegedien en sonder dat dit julle fout is moet die jong mense van ons land nog elke dag stry met die gevolge daarvan.

Tog is ek diep dankbaar dat ons na lang jare van stryd daarin geslaag het om 'n demokratiese regering te verkies wat nou begin met die infassering van gratis onderwys en wat hulpbehoewende jong kinders help met die skoolvoedingskemas. Dit is nog nie naastenby genoeg nie, maar ons het 'n begin gemaak.

Vandag kan ek vir julle met vertroue se dat nuwe horisonne besig is om julle as jongmense oop te gaan. Gryp die onderwysgeleenthede en ander moontlikhede om jullself te ontwikkel met beide hande aan. Om te kan lees en skryf, om te kan studeer met 'n beroep in die vooruitsig is nie vanselfsprekend nie - dit is 'n groot voorreg. 'n Voorreg wat baie van julle ouers gedurende die lang, swaar jare van apartheid nie gehad het nie.

Noudat ons begin om nuwe geleenthede aan julle te bied, wil ek by julle pleit om nooit te vergeet dat dit moontlik is as gevolg van die stryd en werk van julle ouers nie.

Onderwys en opleiding het 'n baie spesiale plek in die geskiedenis van Genadendal. Met die leiding van Morawiese sendelinge is 'n trotse onderwystradisie hier gevestig en van oral uit die ou Kaapkolonie het julle voorouers hierheen gekom om deur studie en kennis hulle slawekettings af te gooi. Dit is goed vir julle, wat die afstammelinge is van daardie mense wat hullself bevry het, om met trots te onthou waar julle vandaan kom en so 'n vrye toekoms tegemoet gaan. Die geskiedenis van Genadendal is ook die geskiedenis van die Kleurlingmense van die Wes-Kaap en ook die geskiedenis van die mense van Suid-Afrika. 'n Geskiedenis waarop julle as jongmense ook trots moet wees en wat julle moet bewaar vir julle kinders.

Deur middel van studie kan 'n mens jouself ophef en kan julle, jul gemeenskap hier help om armoede af te skud en 'n beter lewe vir almal te skep.

Dit is vir my 'n riem onder die hart om te hoor dat die matriek- leerlinge so goed presteer. Deur hard te studeer respekteer julle nie net Genadendal se onderwystradisies nie, maar julle verseker ook vir julleself 'n beter lewe. Met die matriekeksamens is julle in my gedagtes en ek het die volste vertroue dat ek met trots sal hoor dat julle uitstekend gepresteer het.

Een van Genadendal se tradisies wat vir my baie besonder is, is die jaarlikse Kinderfees; wanneer al julle kinders die berg opklim om wilde blomme te pluk waarmee julle dan die kerk versier. Ek dink die simboliek van hierdie eeue oue tradisie is baie belangrik in die nuwe Suid-Afrika. Ons moet instellings soos die kerk en waardes van respek vir alle mense, wat oor eeue heen in ons gelowe oorgedra is, vir die toekoms behou.

Tog wil ek ook my bekommernis aan julle noem dat ek meer onlangs gehoor het van sporadiese misdrywe deur enkele jong mense onder julle. Misdaad moet dadelik in 'n gemeenskap hokgeslaan word en dit is nog nie te laat nie; daarom doen ek 'n beroep op die van julle wat begin om die pad byster te raak: Bou julle toekoms op die morele beginsels wat al die jare die ruggraat van hierdie gemeenskap was.

Die jongmense van Genadendal is al vir lank betrokke in die stryd teen onderdrukking. Die Morawiese Jeug Unie van Suid-Afrika, wat gereeld jeugkampe hier hou, het 'n lang tradisie van teenstand teen apartheid. Mense soos Ashley Kriel en Cecil Esau, wat die hoog- ste prys betaal het in die stryd teen rassisme, het hierdie jeug- kampe bygewoon. Julle het 'n verpligting om met julle gedrag hulle nagedagtenis te eer.

Baie van die jong mense wat goeie onderwysopliding hier ontvang het, het al padgegee uit Genadendal. Ek is bewus daarvan dat hier nie altyd genoeg werksgeleenthede is nie en dat die groot stede 'n baie sterk aantrekkingskrag het, maar ek wil julle tog aanmoedig om te soek vir geleenthede om ook hier te bly. Genadendal sal slegs kan aanhou om sy belangrike geskiedkundige rol te vervul indien daar uit julle geledere diegene is wat die leisels kan oorneem by die ouer mense as leiers van hierdie gemeenskap.

Ek wil afsluit om elkeen van julle, vanaf die kleinste tot die oudste kind, te verseker van my groot liefde vir julle. Wanneer ons ouer mense nie meer verder kan gaan nie, sal julle moet voortgaan om ons nuwe nasie te bou. Tesame met al die kinders van ons land is julle ons kosbare skat en toekoms. Die hoop van ons reenboog nasie.

Baie Dankie!

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: From website ; Source: ANC Website. Accessioned on 17/11/06 by Helen Joannides

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places