Item 1163 - Uitdagings van n' Komende Verkiesikng

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-1163

Title

Uitdagings van n' Komende Verkiesikng

Date(s)

  • 1993-03-17 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare

Content and structure area

Scope and content

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Geagte Voorsitter, Professor Crause, Doserende Personeel, Lede van die Studente Raad, Dames en Here.

Baie dankie vir die uitnodiging om met u te kom gesels. Dit is goed om weer terug te wees by RAU. Dertien jaar gelde is ek hier geskors en vanaf die kampus verban omdat ek plakate opgesit het wat gvevra het vir gelyke onderwys en die vrylating van Mnr Nelson Mandela. Dit was 'n moeilike tyd met pynlike herinneringe. Tog is dit die goeie herinneringe wat na 'n aantal jare sterker uitstaan: Die tye saam met vriende in die biertuin tydsens jool. Die eerste ontmoeting in die studente kafeteria met my vrou Jansie. Die opwinding van om op te staan en to veg vir jou oortuigings.

Elke Oud-student wil graag 'n alma mater he, die plek uit jou jongdae waar jou Iewensbeskouing vorm begin aanneem het. In die sin is RAU my alma mater, want dit is bier waar ek apartheid finaal verwerp het en besluit het am by die ANC aan te sluit; maar 'n alma mater moet oak 'n plek wees waar jy tuis gevoel het. In 1980 was ek beslis nie bier tuis nie en ek is nie seker of ek nou alreeds hier tubs kan wees nie… My RAU studentebaadjie hang nog steeds in my klerekas, toe ek die uitnodiging vanaf die Studenteraad en Professor Crause ontvang het ek oorweeg om dit aan te trek, maar daarteen besluit. Ek sal daardie baadjie weer aantrek wanneer ek myself volwaardig kan identifiseer met die gees en karakter wat RAU uitdra.

Geagte voorsitter, ek veroorloof myself hierdie persoonlike opmerkings omdat dit direk verband hou met die uitdagings wat 'n komende verkiesing spesifiek ook vir RAU inhou. Wanneer ons praat oor die eerste demokratiese verkiesing wat in Suid-Afrika gehou sal word, praat ons van 'n nuwe tydsgees of era wat nou alreeds besig is om aan te breek. 'n Era wat die potensiaal het dat Suid-Afrika kan losbreek uit die boeie van apartheid, van geskeide wit en swart werelde, van die voortslepende geweld en verwarring waarin groat dole van ons land gedompel is.

Twee weke gelede by die Onderhandelings Beplanningskonferensie is die kern ideale van hierdie era verwoord in In resolusie wat 26 politieke organisasies eenparig aanvaar het: Dat die probleme van ons land op 'n vreedsame wyse deur onderhandeling besleg moet word en dat Suid-Afrika dringend vorentoe moet beweeg na 'n nie-rassige en nie-seksistiese demokrasie.

RAU kom egter uit 'n ander era. U onstaan is gewortel in die era van apartheid en eksklusiewe Afrikaner Nasionalisme. 'n Era waartydens hierdie universiteit teen groot finansiele koste in Johannesburg gebou is om to verhoed dat jong Afrikaners aan die Witwatersrand nie onder die invloed moos kom van sogenaamde "volksvreemde en liberale" lewensbeskouinge by univesiteite soos Wits nie. In 1978 is ek saam met ander eerstejaars in die binnehof toegespreek deur die toenmalige Rektor, Professor Gerrit Viljoen. Hy het klem gele op die Afrikaanse aard en karakter van RAU, van die geboue wat die vorm van 'n laer het en dat nie-Afrikaner studente slegs gaste is. Per implikasie dat hulle nooit ten voile kan deel in die Afrikaner universiteitsgees nie. Die ou Kuyperiaanse konsep van "soewereiniteit in eie kring" was sentraal in die totstankoming van RAU.

Die kernvraag wat u moet beantwoord is of RAU werklik daarin geslaag het om die verlede of te skud en deel te word van die tydsgees van die eerste werklike demokratiese verkiesing in ons geskiedenis. U uitnodiging aan my as verteenwoordiger van die ANC is 'n bemoedigende teken, maar opsigself nog geen bevestiging nie. Kan u vanmiddag met absolute sekerheid se dat elke student hier ewe tuis voel en nie miskien maar nog behandel word as 'n gas of iemand met spesiale vergunning nie? Daarop sal die swam studente moot antwoord. Het RAU werklik ontkom van die stewige greep en manipulerende rol van die Broederbond en die Ruiterwag. Ek glo 'n mens is geregverdig om bekommerd te woes met Dr Viljoen as Kanselier en die groot aantal bekende Broederbonders op die Senaat en Universiteitsraad. Veral as die onlangse onthullings oor die Broederbond in ag geneem word. Nog steeds word aangedring op absolute geheimhouding en gepoog om deur middel van manipulerende en ondemokratiese aksies 'n disproporsionele hoeveelheid mag vir die Afrikaner te behou. RAU en ander Afrikaanse universiteite, tesame met die NG Kerk en Afrikaner besigheidsbelange, is nog altyd deur die Broederbond gesien as belangrike opninie vormers wat hullo moot beheer. Is u nog in daardie greep vasgevang?

Binne die opset van u eie kampus is hierdie belangrike vrae wat u as studente moet opper. Daarmee saam volg ook vrae of u ervaringe by hierdie baie beskutte universiteit en ook die akademiese opleiding wat u ontvang, u werklik voorberei vir die eise wat 'n demokratiese Suid-Af rika aan u gaan stel. Is hier werklike 'n demokratiese gees van robuste, maar politiek-verdraagsame, debat? Kry u die geleentheid om sonder vrees blootgestel to word aan al die verskillende politieke denkrigtings en as u die geleentheid kry is daar belangstelling, of seevier apatie?

Verlede week by Pretoria Universiteit het ek 'n baie geslaagde vergadering toegespreek. 'n Paar belhamels het onsuksesvol probeer om die vergadering to ontwrig. 'n Baie interressante debat word nou gevoer oor hoe om onverdraagsaamheid en politieke boewery op die kampus teen to staan. Die uitkoms daarvan sal 'n belangrike aanduiding wees van hoe gevestig 'n volwasse demokratiese benadering by Tukkies is. As iemand wat weet hoe geweldig ontwrigtend skorsing kan wees, hoop ek op 'n persoonlike vlak dat daar nie dissiplinere stappe geneem sal word wat enige persoon se akademiese loopbaan sal skaad nie. Maar belangriker, ter wille van die demokratiese ideaal, hoop ek dat regse studente organisasies soos die Konserwatiewe Party Jeugraad toegelaat sal word om verder by Tukkies te funksioneer. Soos die Vryheidsmanifes se dissiplinere stappe moet nie daarop gemik wees om wraak te neem nie, maar om mense op te voed. Die vraag is hoe u hier by RAU so 'n situasie sal hanteer?

My indruk is dat RAU nog nie op een van hierdie vrae ten vole 'n bevredigende antwoord kan gee nie. Ek vrees die gevolge daarvan, want meeste van ons beset nog nie hoe groat die pyn en verguising as gevolg van apartheid in die swart gemeenskap is nie. Daarom dink bale van ons dat 'n paar leerlinge of studente by akademiese instellings wat voorheen totaal en al wit was, Mnr Mandela se optredes op televisie en dat u 'n Mayebuye by die kafee kan troop dramatiese veranderinge is. Ek probeer nie se dat die gebeure van die laaste drie jaar sedert die 2de Februarie 1990
(insluitende ook die positiewe veranderimnge op hierdie kampus), nie van groat belang is nie. Dit het duidelik waagmoed van President De Klerk en sy ondedrsteuners geverg. Ongelukkig doen President De Klerk die Afrikaner 'n groat onguns aan deur nie onomwonde to se dat Apartheid fundamenteel verkeerd en sondig is nie. Solank as wat elke Afrikaner hom/haarself nie met hierdie harde realiteit konfronteer nie, sal ons verbouereerd bly en nie begryp hoe fundamenteel die veranderinge is wat in ons eie lewens moet plaasvind nie.

Kom ons maak hierdie stelling meer spesifiek van toepassing op u. Vir jare is veral die Afrikaanse universiteite ingespan om 'n soort akademiese onderbou en status aan apartheid te gee. Dink maar aan RAU se Volkekunde Departement wat bale hard gespook en gespartel om die tuislandbeleid binne sosiologiese en antropologiese verband te regverdig. Nog meer verontrusbarend die noue betrokkenheid, soms direkte verbondenheid, van academici by die veiligheidspolisie en Militere Intelligensie. Die mees onlangse voorbeeld is onthullings deur Generaal Holomisa dat Dr Tertius Delport, toe by nog Dekaan was van die Fakulteit Regsgeleerdheid by die Universiteit van Port Elizabeth, kennis gedra het van Militere Intelligensie se pogings om die Oos Kaap te destabiliseer en Matthew Goniwe "permanent uit die gemeenskap te verwyder". Dink ook maar aan die sogenaamde navorsingsinstitute (ook hier by RAU) wat in bale gevalle maar net verlengstukke was van die regering geheime inligtingsoperasies. Academic' soos Dr Isak De Vries en Dr Stoffel van der Merwe wat in sy hoedanigheid as Hoof van RAU se Departement van Politieke Wetenskap, by een politieke verhoor na die ander sogenaamde wetenskaplike getuienis gelewer het. - Is RAU en ander universiteite bereid om onomwonde te erken dat hulle toegelaat het dat hulle as instrumente van apartheid misbruik is? Is hulle bereid om die verskering te gee hulle nie meer deelneem aan geheime projekte wat daarop gemik is om sekere politieke organisasies, soos die ANC te ondermyn nie, en andere soos die Nasionale Party te bevoordeel nie? Gedurende die afgelope finansiele jaar is R4,38 biljoen rand bewillig vir geheime projekte. Is enige van die geld aangewend om projekte by universiteite, ook hier by RAU, te bevonds. Indien wel, hoeveel?
Hierdie is belangrike vrae wat u as studente en leiers van die toekoms moet vra. Die antwoorde sal bepaal tot watter mate daar werklik vrye verkiesings sal wees en Rautjies ook kan deelwees van die toekomstige demokratiese Suid-Afrika.

Buite die fisiese grense van hierdie kampus word dieselfde stryd vir 'n regvredige en demokratiese samelewing op nasionale vlak gevoer. Sake word aangeroer wat sal bepaal of ons land 'n toekoms het aldan nie. As ons daarin kan slaag om binne die volgende paar maande 'n onderhandelde skikking te beding wat dit moontlik sal maak om 'n vrye verkiesing to voer onder beheer van 'n sterk Oorgangsuitvoerende Raad wat die politieke speelveld vir alle spelers gelyk maak, belangrike sektore soos die Veiligheidsmagte en die SAUK loswring uit die greep van die Broederbond en verseker dat hulle begin om alle Suid-Afrikaners se belange te Bien; DAN is daar hoop vir ons land. MAAR as ons nie daarin kan slaag nie. As die Broederbond en die Nasionale Party regering voortgaan om onderhandelinge vir die instelling van veelparty beheer oor alle gewapende magte en die aanstelling van 'n onafhanklike SAUK Raad en Onafhanklike Media Kommissie te vertraag dan staan ons voor 'n diep afgrond. Die Suid¬Afrikaanse ekonomie kan nie verdere politieke onsekerheid en die gepaardgaande geweld absorbeer nie. Ten einde ons land te red moet ons nou dringend vorentoe beweeg; maar ons kan nie as die NP regering nog steeds probeer om beherde en manipulerende kontrole te behou nie.

Solank as wat die SAUK TV nog in sewe tale swyg wanneer belangrike onthullings oor die Broederbond aan die lig kom, solank as wat die ANC en al die ander politieke organisasies nie 'n regverdige en gelyke geleentheid kry om ons boodskap aan die kiesers oor te dra nie, kan daar eenvoudig nie sprake regverdige en demokratiese verkiesings wees nie. Dit is u demokratiese reg om aan te dring op inligting eerder as proppaqganda wat u aan die neus wil ronlei nie. Dit is die ANC se reg om aan almal in ons land, ook die Afrikaanse gemeenskap, ons boodskap van 'n nie-rassige en demokratiese gemeenskap oor te dra. Dit is nou die tyd om daardie reg vir onsself toe te eien.

Huidiglik dui al die opiniepeilings daarop dat 'n baie klein persentasie Afrikaners vir die ANC sal stem. Ek is egter oortuig daarvan dat indien die ANC werklik die geleentheid kry om ons beleid sonder verdraaiinge aan u oor te dra. Indien ons u vrese oor die behoud van u taal en kultuur kan aanspreek en die ideaal van die Vryheidsmanifes kan bevestig: nI. Dat almal gelyke regte moet he am hulle taal en kulktuur te gebruik en uit te bou. DAN sal bale meer Afrikaners 'n politieke tuiste by die ANC vind. Daar is geen ander politieke organisaie in Suid-Afrika wat 'n !anger en sterker
geskiedenis van stryd vir 'n nie-rassige en demokratiese land het nie. Maar selfs al sou u nie bereid wees om vir ons to stem het ons 'n plig om u vrese aan te spreek sodat u nie uit vrees vir die toekoms weier om aan die demokratiese proses deel te neem nie.

Chris Louw van die Weekly Mail beskryf die ANC se uitreiking na die Afrikaner gemeenskap as 'n "sideshow". Uiteraard is ons belangrikste ondersteuningsbasis in die swart gemeenskap, maar hy is verkeerd as hy dink dat dit nie aan die hart van die ANC se ideaal vir 'n nie-rassige samelewing le om ons boodskap uit te dra na almal in Suid-Afrika nie. Dit gaan nie in die eerste instansie om hoeveel stemme ons by u sal kry nie, maar dat 'n stewige fondament vir die demokrasie in Suid-Afrika gele met word. Om dit te kan doen durf ons nie die belangrikheid van enige taal of kulturele groep in Suid-Afrika onderskat nie.

Ek hoop dat u die uitdaging van die komende verkiesing saam met ons sal aanpak. Want dit gaan om meer as 'n verkiesing, hoe belangrik hierdie verkiesing ookal is. In die finale instansie gaan dit om die ontworteling van die au ondemokratiese en chauvinistiese manier van dinge doen en die vestiging van 'n ware demokratiese gees wat die enigste fondament is waarop ons 'n werklik nuwe Suid-Afrika kan bou.

Slegs as ons bereid is in nasporing van hierdie ideaal ons eie belang ondergeskik te stel aan die grater belang van Suid-Afrika, kan daar 'n toekoms vir ons wees ook as Afrikaners …

Geagte Voorsitter, ek hoop dat u hier by RAU bereid is om die uitdaging to aanvaar. Ek wil graag weer die groen baadjie van my alma mater dra.

Baie dankie.

Note

RELATED INFORMATION

Speech in Afrikaans

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: Hardcopy ; Source: ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare. Accessioned on 19/01/2010 by Zintle Bambata

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places