Item 1224 - Toespraak van President Mandela by geleentheid van 'n onthaal deur die Burgemeester van Pretoria

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-1224

Title

Toespraak van President Mandela by geleentheid van 'n onthaal deur die Burgemeester van Pretoria

Date(s)

  • 1994-08-26 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

Content and structure area

Scope and content

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • Afrikaans
  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Geagte Burgemeester,
Geagte Eregaste,
Dames en Here,
Vriende

Baie dankie vir die uitnodiging om vanaand saam met u deur te bring en vir die besondere geleentheid om so kort na die eerste honderd dae van die Regering van Nasionale Eenheid met u te kan gesels oor die nuwe Suid-Afrikaanse nasie wat ons besig is om te bou. Veral dan oor die besondere plek van die Afrikaner in hierdie nasie.

U het nie net die reg nie, maar ook 'n plig, om aktief deel te word van ons jong demokrasie. Elke dag kom ek meer onder die indruk van die bereidwilligheid van Afrikaners, jonk en oud, om werklik deel te word van die nuwe Suid-Afrika. Ten spyte van al die jare van lyding en soms bitter pyn en marteling wat ek en baie ander vryheidsvegters moes ly in die polisieselle en gevangenisse van die ou Suid-Afrika is ek nie verbaas dat die Afrikaner met groeiende entoesiasme begin om die boeie en kettings van apartheid af te skud nie. Ek was nog altyd daarvan oortuig dat as 'n mens kan deurdring tot by die hart van Afrikanerdom; 'n mens sal vind dat dit die hart van 'n vryheidsvegter is.’

Die Afrikaner het die onbekende binneland van Suider-Afrika ingetrek om kolonialisme te ontkom en twee Vryheidsoorloe teen Britse Imperialisme geveg. Afrikaner vroue en kinders het in hul duisende in die Konsentrasiekampe gesterf. Die Vrouemonument is 'n aangrypende gedenkteken wat 'n mens diep onder die indruk bring van die geweldige onreg wat Boere vroue en kinders aangedoen is terwyl hul mans op die slagveld was of in ballingskap op St Helena. In die 1920's en 1930's het arm Afrikaners nie geweet waar die volgende bord kos vandaan sal kom nie en duisende kinders het gely aan wanvoeding. Die Eerste Carnegie Verslag beskryf in ontstellende detail die verskrik-like armoede van baie Afrikaner gesinne.

Ek praat met medelye hieroor, want ek en so baie van my swart mede Suid-Afrikaners weet wat gevangeneskap, ballingskap en armoede beteken.

Baie plattelandse mense en plaaswerkers wat vandag stad toe kom opsoek na werk, is net so armlastig en verlore in die stad soos Jochem van Bruggen se Ampie en sy gesin. Die kindergrafte by hervestigingskampe soos Winterveld, net veertig kilometer hier buite Pretoria, herinner aan die rye kindergrafte van Afrikaner kinders buite die konsentrasiekampe; maar dit is 'n begrafplaas wat skaars vyftien jaar gelede begin is - in die jare van een gedwonge verskuiwing na die ander. D.J. Opperman se aangrypende beskrywing van konsentrasiekamp grafte, as kinders wat in die bruin komberse van die aarde toegedraai is, beskryf ook die grafte.

Een van die grootste tragedies in ons land se geskiedenis is dat Afrikaners, wat self so baie gely het in die stryd vir bevryding, hul mede-Suid-Afrikaners verguis het onder apartheid. Ek het al baie hieroor gewonder: Miskien is dit omdat Afrikaners soos mossels rondom hul eie seerkry toegemaak het en dit te moeilik gevind het om die pyn en lyding van diegene buite hul eie kring raak te sien. Uit vrees dat die Afrikaner moontlik in die toekoms weer onderdruk sal word, is daar probeer am mag ten alle koste te behou.

Ek wil vandag reguit met u praat: Apartheid was 'n skroeiende aarde beleid teen die meerderheid van die mense in ons land. Dit was een van die verskriklikste vergrype en ontkenning van mense se menswaardigheid in die geskiedenis van die wereld. Die swaar juk van die bevrydingstryd wat uiteindelik vir ons die huidige demokratiese veranderinge gebring het is gedra deur die swart meerderheid - deur Africans, kleurlinge en Indiers - baie mense het die hoogste prys betaal en hulle lewens opgeoffer.

Die Regering van Nasionale Eenheid is nou besig orn fundamentele sosio-ekonomiese veranderinge aan te bring om die ongeregtighede van die verlede reg te stel. Maar ons doen dit op 'n beplande en demokratiese wyse; altyd met gesonde ekonomiese beginsels voor oe. Die Herontwikkelings en Opbou Program moet 'n beter lewe vir almal skep. Almal in ons land - insluitende die Afrikaner - moet bevry word om deel te kan wees van die nuwe Suid-Afrikaanse nasie wat ons besig is om te bou.

Apartheid was nie slegs ondersteun deur blanke politici nie, maar ook deur kulturele-, onderwys- en selfs godsdienstige organisasies. Hierdie organisasies het nou 'n plig om onomwonde aan hulle mense te se dat apartheid fundamenteel verkeerd en sondig was.

Die beste manier om dit te doen is om deel te word van die Herontwikkelings en Opbou Program. Ons nooi organisasies soos die Afrikaanse Kultuur en Taal Vereniging (ATKV), die verskillende landbou- organisasies, die Nederduits Gereformeerde Kerk, ander kerke en godsdienstige organisasies uit om saam met ons te werk om die basiese behoeftes van mense wat in desperate nood verkeer aan te spreek.

Baie van hierdie organisasies het berge versit om Afrikaners op te hef uit die armoede waarin hul vasgevang was aan die begin van die eeu. Ongelukkig was die opheffingswerk feitlik uitsluitlik gemik op hul eie klein Afrikaner kring. Die Afrikaner het twee Vryheidsoorloe geveg; ons moet nou 'n Derde Vryheidsoorlog saamveg: Nie met vernietigende wapens gemik teen mense nie, maar 'n Vryheidsoorlog teen armoede, siekte, ongeletterdheid en hongersnood. Ons sé aan die Afrikaner kom vat hande saam met ons almal - ons nooi u uit om'n leidende rol te speel in die opheffing en heropbou van almal, oral in ons land.

Dit is 'n uitdaging wat ons almal in alle sektore van die gemeenskap en op alle vlakke van regering moet aanvaar. In hierdie verband wil ek ook 'n ernstige oproep op die Stadsraad van Pretoria maak om op so 'n wyse deel te neem aan die onderhandelinge vir die Plaaslike Regering Oorgangsraad, dat die belange van al ons mense in die Pretoria streek gerespekteer en gedien sal word.

Wraak is nie deel van ons plan vir die toekoms van Suid-Afrika nie, ons strewe is vir geregtigheid en 'n beter lewe vir almal. 'n Ongelukkige kontroversie het ontstaan oor die toekoms van Afrikaans. Ek verstaan dat taal en kultuur emosionele sake is wat 'n mens naby aan die hart lé en daarom wil ek dit vandag onomwonde stel dat Afrikaans niks te vrees het in die nuwe Suid-Afrika nie. Dit is 'n komplekse en moeilike taak om in die pratyk volwaardige erkenning te gee aan die elf tale van ons land wat deur die Tussentydse Grondwet erken word. Regverdigheid eis egter van ons dat een taal nie bevoordeel moet word ten koste van die ander nie. Ek wil Afrikaanssprekendes wat vrees dat Engels bevoordeel sal word ten koste van Afrikaans die versekering gee dat dit nie ons oogmerk is nie.

Ek ken die geskiedenis van die Eerste en Tweede Afrikaanse Taalbewegings en die frustrasie oor die onderdrukking van sy taal wat S. J. Du Toit in Die, Patriot laat skryf het: "Engels, alles Engels, oral waar jy gaan! …" Ek verstaan daardie frustrasie, want my eie moedertaal Xhosa en ander Afrika tale soos Zulu, Tswana, Venda ensomeer is al vir eeue deur Hollands, Engels en ook later Afrikaans geminag en verdring.

Ons taak is om daardie onregverdige historiese erfenis reg te stel, maar dit moet nie gebeur ten koste van Afrikaans of Engels nie. Ten einde enige misverstand te vermy wil ek dit baie duidelik stel dat, onderwyl ek begrip het vir Afrikaanssprekendes se besorgdheid oor hul taal, ek enige vendetta teen Engels ten sterkste afkeur. Die debat rondom die regverdige behandeling van al die tale in ons land moet met groot verantwoordelikheid hanteer word. Om van Afrikaans of enige ander taal 'n politieke voetbal te maak, kan net u eie saak benadeel.

My en my regering se deur staan oop om gesprek to voer met kulturele en taal organisasies ten einde 'n regverdige oplossing te vind.

Ek wil ten slotte die volgende gedagte by u laat:
Ons deel die liefde vir ons land en dit is die Afrikaner se onvervreembare geboortereg om deel van hierdie pragtige land te wees. Deur saam met al die mense van ons land deel te neem aan die Herontwikkelings en Opbou Program, kan u help om vir eens en vir altyd die wit wereld en swart wereld wat apartheid geskep het te verenig en ook u reg tot Suid-Afrikanerskap sonder enige twyfel vir u self toe te eien. Die ANC se Vryheidsmanifes verklaar dat Suid-Afrika behoort aan almal wat hier leef, swart en wit. Slegs as ons bereid is om ons eiebelang ondergeskik te stel aan die groter belang van Suid-Afrika, kan daar 'n toekoms vir ons wees - ook vir die Afrikaner.

Note

RELATED INFORMATION

Speech is in Afrikaans

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: Hardcopy ; Source: ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare. Accessioned on 21/01/2010 by Zintle Bambata

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related people and organizations

Related genres

Related places