Item 1310 - Toespraak deur President Nelson Mandela ten tye van die Loodsing van Matthew Phosa se boek " Deur Die Oog Van 'n Naald"

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-1310

Title

Toespraak deur President Nelson Mandela ten tye van die Loodsing van Matthew Phosa se boek " Deur Die Oog Van 'n Naald"

Date(s)

  • 1996-09-05 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

Content and structure area

Scope and content

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Kunswerke bied dikwels dieper en meer verhelderende antwoorde op die mens se kwelvrae as al ons ander vorme van gesprek daaroor. Ewe dikwels stuur kuns-gebeurtenisse net sulke verhelderende simboliese boodskappe uit.

Om verstaanbare redes is daar baie kwellinge in siekere Afrikaans-sprekende gemeenskappe oor die toekoms van Afrikaans. Die politieke raamwerk waarbinne Afrikaans homself oor die afgelope sestig tot sewentig jaar bevind het, het dramaties verander. Die Afrikaanse taal-saak het in al daardie jare baie na aan die hart van die politieke saak geklop. Die status en die welvaart van die taal is ten nouste gekoppel aan die besit en uitoefening van politieke mag.

Die Afrikaanse openbare lewe dra die afgelope tyd swaar aan die kommer-las oor die toekoms van die taal. Oral is daar bekommerde en soms beswaarde gesprekke oor wat van die Afrikaanse taal en kultuur word. Die gesprekke word in en deur die pers gevoer, in politieke forums, op kultuur-verhoe, in onderwyskringe en deur die algemene publiek.

Kyk 'n mens egter na wat op die gebied van die Afrikaanse letterkunde aangaan, vind jy veel rede tot opgewondenheid oor wat besig is om met Afrikaans to gebeur. In plaas van donker wolke, merk 'n mens die aanbreek van 'n helder nuwe daeraad.

Byvoorbeeld: 'n rukkie gelede was die koerante en tydskrifte vol oor die verskyning van 'n opspraakwekkende Afrikaanse roman deur 'n twee-en-sewentigjarige Kleurlingman, A H M Scholtz. Die roman het meer as een letterkundige prys verower, een daarvan die Eugene Marais-prys - 'n toekenning met 'n sterk tradisionele inslag in die Afrikaanse letterkunde. Die verskyning van 'n sterk en belangrike work deur iemand soos Scholtz getuig daarvan dat Afrikaans se wereld verbreed en groei, en dat die toekoms van die taal en letterkunde geanker is in 'n omvattende Suid-Afrikaans-heid.

Nog 'n voorbeeld van die opwindende en vernuwende dinge wat besig is om in Afrikaans to gebeur, is die onlangse stigting van 'n nuwe Afrikaanse letterkundige vereniging. Die inisiatief vir die stigting daarvan het oorspronklik gekom vanaf 'n groep swart Afrikaanse skrywers, en tesame met hul wit kollegas het daar nou 'n insluitende nuwe organisasie tot stand gekom. Deur sy letterkundige instellings is die taalgemeenskap besig om ferm beslag te gee aan die feit dat die gesamentlike belange van al sy sprekers gedien en nagestreef word.

En vandag is ons hier bymekaar om nog so 'n gebeurtenis te vier in die teken van die nuwe groei en ontwikkeling van Afrikaans, naamlik Matthews Phosa se boek, Deur die oog van 'n naald.

Laat ons in die eerste plek geluk se aan die skrywer. Die publikasie van 'n boek is altyd soos die geboorte van 'n kind. Dit is 'n gebeurtenis van vreugde en trots. En ons is almal hier byeen vandag om Matthews geluk te wens, en om te deel in die vreugde wat hy tereg kan ervaar by hierdie geleentheid.

Ook Tafelberg-uitgewers verdien ons gelukwensinge. 'n Publikasie is 'n vennootskap tussen skrywer en uitgewer, en daar is vele redes om op 'n besondere wyse trots te voel op die produk van hierdie vennootskap.

Nie slegs het Matthews prikkelende en interessante leesstof gelewer met die skryf van hierdie boek nie; die simboliek en betekenis van die verskyning daarvan spreek ewe hard.

Diegene wat graag die voorstelling maak dat Afrikaans in 'n vyandige omgewing bestaan, hoef nou net na hierdie boek verwys te word. Hier het ons 'n ANC premier, 'n African, 'n man wat ses tale praat - en hy verkies om in Afrikaans te dig en te publiseer.

Die verskyning van hierdie boek het dus betekenis wat veel verder strek as die toekoms van Afrikaans. Dit dra 'n betekenisvolle boodskap van versoening en nasie-bou. Alhoewel die meeste van ons sterk identifiseer met een van die baie Suid-Afrikaanse tale, kan ons ook ons tale deel: om na mekaar uit te reik; om ons diepste gevoelens en hoogste aspirasies met mekaar te deel; om respek en begrip vir mekaar te betoon.

Deur mekaar se tale aan te leer en te gebruik, gee ons erkenning aan die menswees wat ons met mekaar deel, en bou ons die nuwe Suid-Afrikaanse nasie.

Ons staan reeds saam om te werk aan 'n beter lewe vir alma!. Laat ons ook met mekaar praat in die verskillende tale van ons land.

Note

RELATED INFORMATION

Speech is in Afrikaans

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: Hardcopy ; Source: ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare. Accessioned on 26/01/2010 by Zintle Bambata

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places