Item 1321 - Aantekeninge vir 'n toespraak deur President Nelson Mandela tydens 'n vergadering met Besigheidsmense in die Noord-Kaap

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-1321

Title

Aantekeninge vir 'n toespraak deur President Nelson Mandela tydens 'n vergadering met Besigheidsmense in die Noord-Kaap

Date(s)

  • 1996-11-16 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

Content and structure area

Scope and content

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Inleiding

1. Dit is vir my besonder aangenaam om besigheidsleiers van die Noord-Kaap te kan ontmoet. Hiermee kry ons 'n welkome geleentheid om gedagtes uit te ruil en om saam te praat oor die groot moontlikhede vir groei en ontwikkeling in u Provinsie.

2. Die regering en die ANC heg baie waarde aan die belangrike rol wat die besigheidsektor speel vir nasiebou. Die besigheidsgemeenskap is 'n sleutel speler in die ontwikkeling van ons ekonomie, sowel as 'n stabiele sosiale en politieke lewe.

Kom ons sit skouer aan die wiel en skep 'n beter lewe vir almal

1. Wanneer ons terugkyk oor die afgelope twee en 'n half jaar van demokratiese regering, is daar twee dinge wat uitstaan. Aan die een kant staar ons nog geweldige probleme in die gesig om ons sentrale doelstelling te bereik en om die kwaliteit van almal se lewens te verbeter; maar daar was ook belangrike suksesse wat help om daardie oogmerke te bereik.

2. Die behoorlike vestiging van demokratiese regering, op nasionale en plaaslike vlak en die groeiende eenheid van 'n nasie wat nog onlangs so diep verdeel en uitmekaar geskeur was, is iets waarop elke Suid-Afrikaner met goeie reg baie trots kan wees.

3. Ons pluk alreeds die vrugte van vrede en stabiliteit, tesame met 'n gedissiplineerde ekonomiese beleid en verrykende planne vir heropbou en ontwikkeling. Ekonomiese stagnasie is vervang net ekonomiese groei van 3 persent. Dit is duidelik dat die ekonomie nou 'n langtermyn verbeteringsfase betree het.

4. Die vordering wat ons gemaak het, help ons om die visier not versigtig hoer te stel. Ten einde meer werksgeleenthede te skep - ons hoop op 400 000 teen die jaar 2000 - en om meer produkte te produseer wat kan bydra om mense se lewensomstandighede te verbeter; moet ons ekonomie met 6 persent groei teen die draai van die eeu. Die makro-ekonomiese raamwerk help om 'n klimaat te skep vir die regering, die sakesektor en die werkers om saam te werk ten einde hierdie ideale te bereik.

5. Die makro-ekonomiese plan het sterk ondersteuning gekry sowel binnelands as in buiteland. Die uitdaging wat ons nou in die gesig staar is om te verseker dat ons almal saamwerk om te verseker dat die plan geimplimenteer word sonder enige vertragings.

6. Wat my baie positief stem is die wyse waarop alle sektore in die ekonomie besig om hulself ten opsigte van die plan te orienteer. Dit is duidelik deel van 'n breer ingesteldheid wat opsigself meewerk om ons nasionale eenheid te versterk - al mag ons soms nog oor sommige van die detail verskil.

7. So byvoorbeeld, het ons nog onlangs sekere negatiewe en ambivalente houdings ten opsigte van die ekonomie onder sekere groepe raakgeloop. Besigheidsmense van ander lande het dit dan ook begin opmerk. Daar was die persepsie dat een van die redes waarom internasionale beleggings nie so vinning ingekom het as wat ons gehoop het nie; was as gevolg van die gebrek aan entosiastiese bemarking deur ons plaaslike besigheidslui.

8. Gelukkig is die hooding nou vervang met 'n doelgerigtheid om skouer aan die wiel te sit en om elke geleentheid ten volle te benut. So dink ons bevoorbeeld aan onlangse opmerkings deur senior uitvoerende beamptes van Anglo-American en Sanlam, dat Suid-Afrikaners moet ophou om sleg te praat van ons eie land en eerder moet saamwerk om dit wat positief en lewenskragtig in ons land is te bevorder. Ons dink ook aan die buitelandse besigheids en regerings afvaardigings wat soms maar met negatiewe verwagtinge hier aanland, maar nadat hulleself kan sien wat ons alreeds bereik het en nog steeds beplan, verlaat hulle ons land met groot optimisme. Dit is veral verblydend dat die redaksionele kommentaar in 'n groeiende aantal koerante ook begin om aan te dring dat ons die vordering wat ons gemaak bet moet erken en positief moet uitdra.

9. Indien ons verenig staan en gewapen is met die regte beleidsrigtings sal ons met moed en optimisme die uitdagings wat ons land en hierdie provinsie in gesig staar kan aanpak.

Die uitdagings wat ons moet aandurf om groei en ontwikkeling te skep

1. Ten einde ‘n vooruitstrewende en groeiende ekonomie in die Noord-Kaap te skep sal daar 'n venootskap gesmee moet word tussen die regering, die sakesektor en al die ander groepe in die gemeenskap.

2. Die Groot Gat bier in Kimberley is 'n monument wat vertel van die besondere rykdomme en natuurlike hulp-bronne in die Noord-Kaap. Dit vertel ook van 'n lang geskiedenis van besondere bydraes tot die ekonomiese ontwikkeling van ons land.

3. Maar die Groot Gat is ook gedurig 'n herinnering dat myne 'n beperkte leeftyd het. Dit bring 'n mens tot die besef dat juis omdat die belangrikste komponent van hierdie Provinsie se ekonomie afhanklik is van mynbou, dit uiters belangrik is om ook beleggings te kry wat nie by uitstek afhanklik is van die mynbedryf nie. Dit sluit in beleggings wat die rou minerale soos dit uit die grond gehaal word, verder moet prosesseer en so die waarde daarvan verhoog. So 'n benadering sal ook bydra om die vervaardigings sektor uit te bou.

4. Onderwyl daar wel 1 percent ekonomiese groei in hierdie provinsie was sedert 1988, was daar ongelukkig 'n afname in die verskaffing van werksgeleenthede. Dit is die direkte gevolg van die agteruitgang in die mynbousektor en ons staar die uitdaging in die gesig om op vindingryke wyse alternatiewe ekonomiese groei- en werksgeleenthede te skep.

5. Daar is gelukkig verskeie maniere waarop die probleem van werkloosheid aangespreek kan word. Maar wat ons ookal doen, werklike en beduidende verberteringe in die lewensomstandighede van die mense van hierdie Provinsie hang daarvan af of ons almal bereid is om saam te werk. Dit is van die uiterste belang dat die regering, die sakesektor, die werkersunies en ons bree gemeenskappe 'n gesamentlike visie moet deel wat ons almal aanmoedig om met optimisme vorentoe te beweeg.

Klein besighede

1. Inisiatiewe om die kleinbesigheidsektor verder te ontwikkel is alreeds besig om sy impak te maak in die Noord-Kaap. Die verdere uitbouing van hierdie sektor is 'n prioriteit vir die regering.

2. U Provisiale Kleinbesigheidskamer het verblydende vordering gemaak en die sentrale regering erken ten volle dat ons met u hande moet vat ten einde te verseker dat nasionale ondersteuningsprogramme die optimum impak in die Provinsie sal he.

3. Die gevestigde sakesektor het ook 'n sleutelrol om te speel. Diegene wat die middelle en die tegniese kennis besit moet behulpsaam wees om te voorsien aan die smagtende nood vir kennis en opleiding. Die besigheidsektor moet help met die opleiding van enterpreneurs, veral onder diegene wat voorheen uitgesluit was van die besigheidswereld. Myne wat besig is om hul aktiewiteite in te perk moet seker maak dat hul werkers opleiding ontvang in kursusse wat hulle sal help om basiese besigheidskennis op te doen.

4. Die bevordering van die klein sakesektor moet hand aan hand gaan met die ontwikkeling van arbeidsverhoudings wat nie in botsing is met ons demokratiese ideate nie. Dit moet ook stappe insluit om te verseker dat plaaslike gemeenskappe baat by nuwe besigheidsinisiatiewe.

Ontwikkelingsmoontlikhede en venootskappe

1. Die Provinsiale regering doen baie om beleggingsmoontlikhede te skep. So word daar byvoorbeeld belasting voordele gegee aan diegene wat bereid is om te desentraliseer. Daar word ook gepoog om nog verdere aanmoediging te gee aan besighede wat bereid is om spesifiek te bele in herkonstruksie en ontwikkelingsprograrnme.

2. Een van die grootste struikelblokke vir herkonstruksie en ontwikkeling was die gebrek aan demokratiese plaaslike regeringstrukture. Gelukkig is die pad nou oop vir alle sektore, insluitende die besigheidsgemeenskap om saam te work met u demokraties verkose gemeenskaprade ten einde u Provinsie te ontwikkel.

3. Op plaaslike vlak moet die regering ekonomiese ontwikkeling ondersteun wat sal help om gesamentlike venootskappe te smee tussen die privaatsektor en gemeenskappe.

Ten slotte

1. Dit is duidelik dat daar uitstekende geleenthede vir verder e eonomiese ontwikkeling in u Provinsie is. Maar die benutting van hierdie geleenthede is athanklik daarvan dat alle sektore en belangegroepe moet saamwerk.

2. Eenvoudig gestel: Deur saam te werk kan u almal in die Noord-Kaap saam vooruitgaan. Dit is die enigste antwoord vir u almal. Ons durf nie onsself faal en so ook die komende generasies hul reg tot hoop en voortuigang ontse nie.

Dankie

Note

RELATED INFORMATION

Speech is in Afrikaans

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: Hardcopy ; Source: ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare. Accessioned on 26/01/2010 by Zintle Bambata

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places