Item 298 - Toespraak deur die President Nelson Mandela tydens 'n besoek aan Oudtshoorn

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-298

Title

Toespraak deur die President Nelson Mandela tydens 'n besoek aan Oudtshoorn

Date(s)

  • 1995-09-03 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

ANC Website

Content and structure area

Scope and content

Visit to the area before Local Government Elections

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • Afrikaans

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Geagte Voorsitter;
Dames en Here

Dit is vir my 'n besondere voorreg om weer hier by u in die Suid-Kaap en Klein Karoo te kan kuier. Die herinnering van die gasvryheid waarmee u my met my vorige besoek, tydens verlede jaar se verkiesing ontvang het, het my lank bygebly en onderskraag. U woon in 'n pragtige gebied, omring deur die Swartberge in die noorde en die Outeniquaberge in die suide. Hierdie gebied het wonderlike toeriste- en landbou-potensiaal en indien daar werklik demokratiese en verteenwoordigende plaaslike regering is wat al die mense dieu, behoort almal wat hier woon 'n goeie lewe te kan voer.

Tog moet 'n mens nie toelaat dat die natuurskoon jou verblind vir die jare-lange lyding van ons mense en die geweldige onregte wat teen u gepleeg is nie. Apartheid het ons mense bitter seer gemaak: Ek kan die diep gekerfde lyne van pyn en stryd, armoede en honger op u gesigte sien. Wanneer ek 'n plaasarbeider groet voel ek die knoetse op u vingers en eelte in die palms van u hande, wat die getuienis is van jare van rugbreek werk op die lande.

Hier in die plattelandse gebiede van die Klein-Karoo is daar plaaswerkers wat vir geslagte op plase gewoon het, baie maal op grond wat hul voorvaders se eiendom was, maar waarvan hulle onwettig onteien is. Baie keer word hulle summier van plase af verdryf en haweloos langs die grootpad gelaat - slegs omdat hulle aangedring het op 'n leefbare loon en menswaardige behandeling.

Feitlik in elke dorp in die Suid-Kaap kan die letsels van apartheid gesien word in die onnatuurlike skeiding van woonbuurtes op grond van ras. Die African, Kleurling en Indier woonbuurtes is altyd op die swakste grond en op die mees ongerieflike plekke, ver weg van die hoofdorp gebou. Onderwyl ons kinders kaalvoet in die stofstrate van die townships speel, is daar goed versorgde parke en teerstrate in die dorpsgebiede waar voorheen net witmense toegelaat is om te woon. Baie maal is dit die plekke waar ons ouers gewoon het, maar deur die apartheidswette uitgedryf is.

Hier in Oudtshoorn en emgewing was daar ook, soos oral in Suid-Afrika, 'n klein groepie wit bevoorregte burgers wat die ou plaaslike regeringstrukture uitgebuit het vir hul eie gewin, onderwyl die meerderheid van mense gruwelik onderdruk is. Ek dink maar net aan plekke soos Bloupunt, Varkieskloof, Bokkraal en Waaikraal. Ons mense het alreeds sedert 1895 kaart en transport vir die gebiede gehad. Hulle het sterk, gesonde gemeenskappe opgebou met goeie huise, kerke en skole. In 1972 het die Klein Karoo Streeksdienste Raad, met gebruik van die Groepsgebiede Wet, ons mense op geweldadige wyse begin dwing om te verskuif. Met tipiese gulsigheid het hulle vir die omliggende blanke boere beheer verkry oor die goeie waterbronne van die Bloupunt-gebied.

Die gebeure van daardie tyd is, asof met 'n flymskerp mes, in die geheue van die ouer mense ingekerf. Die huise wat hulle met hul eie hande en die bekende klei van die gebied gebou het, is met stootskrapers platgestoot en vandag kan 'n mens net die oorblyfsels van die fondamente sien. Die verwaarloosde oop stukke grond le daar soos gapende wonde - net soos die kaal stuk grond in die hart van Kaapstad waar Distrik Ses was. Elke keer wanneer ek hierdie plekke sien bloei my hart; kom die herinneringe weer terug aan gesinne wat uitmekaar geskeur is en waarvan die pyn nog elke dag gevoel word.

Tog, is ek altyd diep beindruk dat u ten spyte van al die lyding bly hoop en stry het vir 'n regverdige en beter lewe. Met hierdie besoek wil ek graag aan u erkenning gee vir die moed en wilskrag wat u aan die dag le. In u krag vind ek ook krag.

As gevolg van u deursettingsvermoe kan ons vandag met afwagting hoop op die komende plaaslike regeringsverkiesings wat vir eens en vir altyd 'n einde sal maak aan die onverteenwoordigende en onderkrukkende munisipaliteite en Streeksdiensterade van ouds. U sal vir die eerste keer op volle demokratiese wyse uit u eie geledere plaaslike regeringsverteenwoordigers kan kies, wat saam met u die onregverdighede van die verlede kan regstel en kan begin om werklik 'n beter lewe vir almal te bou - hier waar u woon.

Verlede jaar op die 27ste April het die oorgrote meerderheid van mense in Suid-Afrika vir die ANC gestem. Hulle het hul vertroue gestel in die ANC se plan om 'n beter lewe vir almal te skep. Binne die eerste jaar en 'n half, onderwyl die ANC die leidende party in die Regering van Nasionale Eenheid is, het ons 'n goeie begin gemaak om daardie plan ten uitvoer te bring. Maar ons kan nie ten volle in ons doel slaag sonder volwaardige deelname van al ons mense in die plaaslike gebiede waar huise, skoon water, elektrisiteit en werksgeleenthede so broodnodig, is nie.

Despite many obstacles we have already made important progress with the ANC's mission to create a better life for all. We are now truly building a South African nation.

Everywhere the new spirit of democracy and respect for people's rights, which ANC struggled for over years, is becoming a reality.

With meagre resources we are offering free medical care for pregnant women and children under the age of six. Many primary school children now benefit from the national feeding scheme and our cherished goal of free education is being phased in. This may seem very little compared with the many urgent needs of our people, but it is an indicator of the ANC's commitment to provide a better life for all.

While we are proud of our achievements, the ANC is honest enough to acknowledge that we could have done more. Official red tape slowed down progress in some cases. Communities have not always been fully involved. Government structures that were needed to implement projects were sometimes not ready.

But the local government elections give us the chance to put these things right. Democratic local government will be the hands and feet of the Reconstruction and Development Programme. Together we will still have to climb a mountain to realise our vision of a better life for all. Together we can and shall climb that mountain no matter what it takes. In unity we can eradicate apartheid and truly transform our country. It is that single mindedness that will spur us on to make South Africa a prosperous Republic. The key to that future is in our hands. Only we can make the RDP work!

Geen struikelblok sal te groot wees as ons in vertroue met mekaar saamwerk nie, maar dan moet ons in vertroue met versigtige verantwoordelikheid vorentoe beweeg. Verlede jaar het ons nog grootliks 'n begroting ge-erf van die ou Nasionale Party regering. Vanjaar se begroting is al tot 'n groter mate ons eie en daarom kan u sien dat ons vanjaar alreeds meer kon begin doen en volgende jaar sal ons verseker dat daar 'n begroting sal wees wat nog veel meer die belange van die armes en onderkruktes in ons land dien.

Uiteraard is dit nie maklik om onmiddelik groot besnoeiings aan te kondig in die begrotings van staatsdepartemente wat ons van die vorige bestel ge-erf het nie. Dit kan aanleiding gee to onstabiliteit en selfs groter werkloosheid; maar ek kan u verseker dat ons alles in ons vermoe doen om regstellende aksie te vevorder sodat die personeel van die staatsdiens die werklike bevolkingsamestelling van ons land sal weerspieel - insluitende ook van die Kleurlingmense.

Wat Regstellende Aksie betref. Ek wil dit absoluut duidelik maak dat dit die beleid van die ANC en van die Regering van Nasionale Eenheid is dat Regstellende Aksie almal moet insluit wat geleenthede deur apartheid ontse is: Dit beteken Kleurlinge, Africans, Indiers, vroue en gestremde persone. Geen persoon wat gely het onder apartheid, of enige vorm van diskriminasie mag uitgesluit word nie. Indien daar enige werkgewer is wat regstellende aksie selektief toepas en slegs bereid is om sekere groepe wat onderdruk is in diens te neem, bots hulle optrede met die beleid van die ANC en die Regering van Nasionale Eenheid, en ek glo dat hulle ook ons Grondwet oortree. Ek wil in besonder by die Kleurling gemeenskap daarop aandring om u reg om voordeel te trek uit regstellende aksie op te eis en om die werkgewers wat teen u diskrimineer onder die aandag van die ANC en die regering te bring.

Onthou die ANC is die leidende mag in die Regering van Nasionale Eenheid. Alhoewel die Nasionale Party ook deel van die regering is, is hulle bydrae maar uiters beperk: Die ANC het agtien kabinetslede en daarteenoor het die Nasionale Party slegs ses. Dit is die ANC wat die leiding neem in die formulering van die Heropbou en Ontwikkellings Program. Ek nooi u uit om voluit saam met die ANC te werk om u ideale te bereik. Die ANC kandidate in die plaaslike regeringsverkiesing sal daagliks saamwerk met hul nasionale leiers om te verseker dat dringende aandag gegee word aan die voorsiening van munisipale dienste en om kriminaliteit en geweld doeltreffend deur middel van gemeenskaps-polisiering te bekamp.

Die enigste party wat werklik u belange op die hart dra is die ANC. Ons kandidate is mense vanuit u gebied met 'n geskiedenis van betrokkenheid en opoffering om hulle gemeenskappe te dien. Gelei deur die beginsels en planne van die ANC sal hulle verseker dat die finansiele middelle in u gemeenskappe, ook hier in Oudtshoorn, aangewend word om almal te dien. Hulle sal saam met u beplan wat die prioriteite in u gemeenskap is en hoe almal saam moet werk om in die gemeenskap se behoeftes te voorsien. Elke ANC kandidaat sal onderworpe wees aan 'n streng gedragskode en enige persoon wat nie daaraan voldoen nie sal onmiddellik gedisiplineer word.

Moet nie u stem mors op ander wat geen duideklike planne het, behalwe om hulsef te bevorder nie. Dit is die ANC wat mense verenig en wat tesame met u werklike verandering sal bring.

Dames en Here

Ek benadruk hierdie boodskap omdat daar 'n ongelukkige persepsie is dat daar 'n sektor in die Kleurlinggemeenskap is wat onseker en selfs vreesbevange is oor die toekoms en as gevolg van hierdie onsekerheid hul heil probeer vind deur te identifiseer met diegene wat nog steeds dink in die ou verstokte rassistiese terme van minderheidsbevoorregting.

Dit maak my bitter seer dat in hierdie tyd van ons bevryding waar alle Suid-Afrikaners - African, Kleurling, Indier en Blanke - vir die eerste keer die reg het om gesamentlik die meesters van ons eie toekoms te wees, die optrede van sekere groepe in die Kleurlinggemeenskap daartoe lei dat hulle hulsef marginaliseer.

Daar is 'n wonderlike positiewe gees onder die oorweldigende meerderheid van Suid-Afrikaners wat nou hande vat om 'n nie-rassige en demokratiese Suid-Afrika te bou. Selfs onder die wit gemeenskap en baie Afrikaners is daar 'n groeiende bereidwilligheid om werklik met die ANC saam te werk. Ons wil he dat die Kleurlingemeenskap deel moet wees van hierdie Suid-Afrikaanse wonderwerk.

Dit mag nooit weer gebeur dat een Suid-Afrikaner teen die ander diskrimineer nie; dat een Suid-Afrikaner die ander onderdruk, uitbuit of minag nie. Nou moet ons almal ons koppe oplig en ons regte vir onsself toe-eien. Rassisme moet finaal en vir eens en vir altyd begrawe word. Die beste manier om dit te doen is om met volle toewyding deel te neem aan die Heropbou en Ontwikkelingsprogram. Die Kleurling gemeenskap wat soveel jare geminag en vertrap is het 'n leidende rol om te vervul in die heropbou van u eie mense en van almal in ons land. U moet in die voorste linie teen rassisme veg. Dit is nie net u reg nie, dit is ook u plig, terwille van u kinders wat nooit mag deurmaak wat u deurgemaak het nie.

Suid-Afrika behoort aan almal wat in hierdie pragtige land van ons woon: African, Witmens, Indier en Kleurling. Slegs as ons bereid is om ons eie belang ondergeskik te stel aan die groter belang van Suid-Afrika kan daar 'n toekoms wees vir ons almal - ook vir die Kleurlinge as 'n integrale deel van die Nuwe Suid-Afrika.

Dankie

Note

EDITORIAL CHANGES

Paragraph beginning: "Suid-Afrika behoort aan almal wat in hierdie pragtige land van ons woon: African, Witmens, Indier en Kleurling. Slegs as ons bereid is om ons eie belang ondergeskik te stel aan die groter belang van Suid-Afrika kan daar 'n toekoms wees vir ons almal - ook vir die Kleurlinge as 'n integrale deel van die Nuwe Suid-Afrikl."
Changes made: "Suid-Afrikl" changed to "Suid-Afrika"

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: From website ; Source: ANC Website. Accessioned on 16/11/06 by Helen Joannides

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places