Item 1241 - Toespraak van President Mandela tydens'n besoek aan die Algemene Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk

Identity area

Reference code

ZA COM MR-S-1241

Title

Toespraak van President Mandela tydens'n besoek aan die Algemene Sinode van die Nederduits Gereformeerde Kerk

Date(s)

  • 1994-10-13 (Creation)

Level of description

Item

Extent and medium

Transcription of speech made by Mr Mandela

Context area

Name of creator

(18 July 1918-5 December 2013)

Biographical history

Archival history

Migrated from the Nelson Mandela Speeches Database (Sep-2018).

Immediate source of acquisition or transfer

Content and structure area

Scope and content

Dutch Reformed Church General Synod

Appraisal, destruction and scheduling

Accruals

System of arrangement

Conditions of access and use area

Conditions governing access

Conditions governing reproduction

Language of material

  • English

Script of material

Language and script notes

Physical characteristics and technical requirements

Finding aids

Allied materials area

Existence and location of originals

Existence and location of copies

Related units of description

Related descriptions

Notes area

Note

TRANSCRIPT

Geagte Moderator,
Geagte Lede van die Moderatuur,
Afgevaardigdes van die Sinode,
Dames en Here, Vriende

Baie dankie vir die uitnodiging om u tydens hierdie belangrike Sinode Sitting te besoek. Dit is vir my ‘n besondere voorreg om ‘n paar gedagtes met u te deel oor die nuwe Suid-Afrikaanse nasie wat ons besig is om te bou. Veral dan oor die belydenis en profetiese taak van die Nederduits Gereformeerde Kerk in die Nuwe Suid-Afrika.

Sedert my vrylating in 1991 het ek alreeds twee keer indringende gesprekke met die Moderatuur van Nederduits Gereformeerde Kerk gevoer en elke keer was ek beindruk met hul ernstige soeke na vreedsame en regverdige oplossings vir ons land se probleme. Dit was vir my duidelik dat ek te doers het met Suid Afrikaners van hoe integriteit. My boodskap tydens hierdie gesprekke was altyd dat ek nie van die Kerk vra om in slaafse navolger van enige politieke party of politieke filosofie te wees nie. Die teendeel is waar; want die geskiedenis van die NG Kerk se ondersteuning van Apartheid bewys hoe verkeerd en skadelik so ‘n benadering kan wees nie net vir ons land nie, maar ook vir die Kerk self. Waarvan ek egter weloortuig is, is dat die NG Kerk nie net die reg het nie, maar ook 'n spesiale plig het om aktief deel te neem aan die opbou van 'n regverdige en vreedsame samelewing.

Hierdie oortuiging is vir my verder bevestig deur die konstruktiewe rot wat die leierskap wat die NG Kerk gespeel het tydens die onstuimige tye met die aanloop tot die verkiesing van die 27ste April. U bereidwilligheid om ook sommige van u eie kerklidmate te maan teen rassisme en onverskillige geweldspraatjies het 'n belangrike bydrae gelewer am die wonderwerkvan Suid Afrika se vreedsame oorgang tot demokrasie moontlik te maak. U is 'n integrate deel van die besondere getuienis wat Suid-Afrika vandag lewer in 'n wereld waar daar nog soveel geweld en onverdraagsaamheid heers.

Juis daarom wilek vandag reguit met u praat: Apartheid was 'n verskroeide aarde beleid teen die meerderheid van die mense in ons land. Dit was een van die verskriklikste vergrype en ontkenning van mense se menswaardigheid in die geskiedenis van die wereld. Apartheid was fundamenteel verkeerd en sondig.

Ek se nie hierdie dinge om sout in die wonde te vryf nie, want ek is bewus van die lang stryd in die NG Kerk rondom apartheid en die diepe sieleworsteling wat baie lidmate van die NG Kerk deurgegaan het. Kerk en Samelewing was 'n belangrike mylpaal, maar dit was nie die begin van die lang pad wat u by hierdie Sinode Sitting uitgebring het nie en dit kan ook nie die eindpunt wees nie, want die soeke na lig en waarheid dour altyd voort ...In die dekades wat al die belangrike deurbrake van die afgelope paar jam vooraf gegaan het was daar profetiese figure vanuit die NG Kerk eensame stemme in die woestyn - wat gewaarsku het teen rassisme en apartheid. Ek dink aan groot Suid-Afrikaners soos Professor B B Keel, Dr Ben Marais en Dr Beyers Naude. Ek hoop dat u in broederlike liefde aan hulle die erkenning sal gee wat hulle toekom.

Natuurlik is elke Algemene Sinode belangrik, maar die besluite wat u tydens hierdie sitting neem is van besondere belang vir Suid-Afrika. Die NG Kerk het altyd die leidende rol gespeel in die deffinieering van die Christelik moreel-etiese standaarde waarop die meerderheid Afrikaners hul politieke besluite fundeer. Met die NG Kerk se erkenning dat apartheid verkeerd was, rus daar nou 'n besondere profetiese taak op u skouers. Met die hand wat u in eie boesem gesteek het, moet u nou hande vat saam metons almal om te verseker dat die Herontwikkelings en Opbou Program slaag.

Slegs asalle Suid-Afrikaners - swart en wit- bereid is om saam te werk, om eie belang ondergeskik stel aan die groter belang van Suid-Afrika sal ons die diep wonde in ons gemeenskap kan genees en so 'n regverdige toekoms sleep - ook vir die Afrikaner. Ek benadruk hierdie aspek omdat daar by u lidmate nie 'n greintjie twyfelmoet bestaan oor hul onvervreembare geboortereg om deel van hierdie pragtige land to wees nie. Ons almal deel tog immers dieselfde liefde vir ons land.

Dit is noodsaaklik dat die Kerk in Suid-Afrika vandag ‘n duidelike boodskap sal lewer oor die vraagstuk van ekonomiese geregtigheid en die besondere taak van die Kerk teenoor die armes, die minderbevoorregtes, die verontregtes. In hierdie verband is daar die voorbeeld wat die NG Kerk gestel het met sy opheffingsprogramme van Afrikaners wat deur die landsdroogte van 1932 en die Groot Depressie van 1932-1934 getref is. Ongelukkig was die NG Kerk se opvoedingen gesondheidsorgprogramme feitlik uitsluitlik gemik op die klein Afrikaner kring. Dit is noodsaaklik dat die Kerk hierdie taak vandag verbreed na alle Suid Afrikaners.

Dit is in hierdie verband wat die Regering van Nasionale Eenheid se Herontwikkelings en Opbouprogram 'n besondere uitdaging aan die Kerk stel. Graag moedig ek die NG Kerk vandag weer aan om, in noue samewerking met soveel ander kerke as moontlik, die Herontwikkeling en Opbouprogram van my regering intensief te bestudeer en u aktiewe samewerking en steun te verleen. Ons vra nie 'n onkritiese meelopery met die regering van die dag nie. Waar die Kerk probleme het met die program staan die Regering se deur oop virverdere gesprekke om helderheid te kry oor onduidelikhede - en oak waar nodig om aanpassings te maak.

Die laaste fare van apartheid is gekenmerk deur ongekende korrupsie en wanbestuur watbygedrae het tot die armoedige en ellendige lewensomstandighede van die meeste Suid-Afrikaners. Met my Inhuldiging as President, hier In Pretoria, het ek die Regering van Nasionale Eenheid verbind tot eerlikheid en deursigtigheid. Die aktiewe steun van die Kerk om te verseker dat die euwel van korrupsie bestry worden dat die regering sy beloftes gestand doen, is van die uiterste belang.

Wetgewing om 'n Waarheids en Versoeningskommissie aan te stel word tans deur die Minister van Justisie, Advokaat Dullah Omar, voorberei. U kommentaar op die wetgewingsal hoog op prys gestel word. Een van die belangrikste take van die Waarheids en Versoeningskommissie sal wees om te verseker dat die regering erkenning en menswaardigheid verleen aan die slagoffers van marteling en menseregteverglype. Ek wil die NG Kerk graag uitnooi om die regering se taak vanwaarheid enversoening te help bevorder.

Die afgelope aantal maande is gekenmerk deur die groeiende samewerking tussen ons mense op alle vlakke. Vir my is dit 'n riem onder die hart, want in my Inhuldigingstoespraak het ek gese dat dit een van ons grootste uitdagings is om 'n land vanverskillende kulture, maareen nasie te wees. Daardie uitdaging bring ons ook by die ekoemene en die eenwording van die NG Kerk.

Die NG Kerk het 'n besondere belangrike rol om die minderheid van Afrikaners wat nog altyd sekere vorme van apartheid probeer goedkeur en handhaaf, te help om van sulke vorms van rassisme bevry te word. Die krag van die NG Kerk se getuienis sal tot in groot mate bepaal worddeur u benadering tot kerkeenheid. Dit was met blydskap en dankbaarheid dat ek die dankseggingsdiens vir die eenwording van die NG Sendingkerk en die NG Kerk in Afrika in Belhar bygewoon het. Dit is my hoop dat die volledige eenwording van die familie van NG Kerke deur hierdie Sinode se besluite bespoedig sal word.

Ten slotte wilek graag my gelukwensing aan die nuwe Moderator, Ds. Freek Swanepoel, en die ander lede van die Moderatuur oordra met u verkiesing, Ek wens u alles van die beste toe vir die Sinodale verrigtinge wat nog voorle. Mag u seen en krag ontvang om u taak met ywer en blydskap to volbring.

Baie dankie.

Note

RELATED INFORMATION

Speech is in Afrikaans

Alternative identifier(s)

Access points

Subject access points

Place access points

Name access points

Genre access points

Description control area

Description identifier

Institution identifier

Rules and/or conventions used

Status

Level of detail

Dates of creation revision deletion

Acquisition method: Hardcopy ; Source: ANC Archives, Office of the ANC President, Nelson Mandela Papers, University of Fort Hare. Accessioned on 21/01/2010 by Zintle Bambata

Language(s)

Script(s)

Sources

Accession area

Related subjects

Related people and organizations

Related genres

Related places